Na die val: 'n Europees keiserryk?

Opsomming van die boek ‘Die afname’ deur professor David Engels

De val van Icarus (1635-1637) door Jacob Peter Gowy

Beeld: De val van Icarus (1635-1637) door Jacob Peter Gowy

Binne twintig tot dertig jaar sal daar deur heel Europa burgeroorloë uitbreek, soortgelyk met oorloë wat Spartakus vir die val van die republiek teen Rome het gevoer. Dit voorspel professor David Engels van die Vrye Universiteit Brussel in ‘n (soos gewoonlik) min bekende boek Le Déclin (Die afname) wat in 2014 ook in die Duits is vertaal as Auf dem Weg ins Imperium (Op pad na die keiserryk).

Volgens die Brusselse geskiedkundige is die gelykenisse tussen die agteruitgang van die huidige Europese Unie en die val van die Romeinse republiek so groot, dat burgeroorlog ook in Europa onvermydelik sal wees. Lande as Duitsland en Frankryk sal dan ophou te bestaan. In hul plek sal gewapende paramilitêre groepe hul eie state uitroep.

Professor Engels verwag dat die tydperk van burgeroorloë pas stop wanneer daar ‘n keiser opstaan wat die Europese volk weer sosiale sekerheid beloof, soos die eerste Romeinse keiser Augustus. (Maar mense in hulle 20’s en 30’s wat vandag nog vir ‘n pensioen spaar, kan dit teen daardie tyd vermoedelik op hul maag skryf.)

Die professor maak sy gevolgtrekkings op grond van breedvoerige, werklik ingeligte vergelykings tussen Rome en die huidige EU. Hy ontleed in sy boek ‘n aantal polities verkeerde temas soos die multikulturele samelewing, massamigrasies en veroudering, maar ook die afname van die gesin as hoeksteen van die samelewing en die verskuiwing van tradisionele waardes na abstrakte ideale soos gelykheid, verdraagsaamheid en persoonlike ontwikkeling.

In die volgende paragrawe som ek die eerste drie van twaalf hoofargumente uit sy boek op.

Oordrewe verdraagsaamheid (§2.1)

Ten spyte daarvan dat die blanke velkleur lange tyd die Europese identiteit het bepaal, vind inwoners van die EU verdraagsaamheid vir die ‘ander’ nou ‘n teken van beskawing. Die rassisme van die twintigste eeu het hen getraumatiseer. Uitsetting, vind hulle, lei tot vyandighede. Maar hulle het verdraagsaamheid so erg verheerlik dat hulle hul eie etniese identiteit het vergeet.

Europeërs geloof nou in universele waardes en verwelkom almal uit die hele wêreld. Maar in plaas van kies vir gehalte, het hulle die grense op grond van menseregte oopgemaak. Amper 20% van die Duitse bevolking bestaan nou uit (nageslag van) mense die pas na 1950 is geïmmigreer. Amper 25% van die Franse het ‘n migrant als ouer of grootouer. Dit het gevolge gehad: in 2006 het 9% van die Duitse bevolking amper ‘n kwart van alle misdade gepleeg—kriminele immigrante.

Net soos in die EU het soortgelyke ontwikkelinge in die oude Rome plaasgevind. Professor Engels skryf dat inheemse inwoners hierdeur het begin te vervreem van die samelewings wat hulle voorouers gebou het. Deur die vervanging verloor die oorspronklike inwoners stadig hulle lojaliteit vir ‘n land wat steeds minder die van hulle is.

Geboorte en veroudering (§2.2)

“Met die massiewe integrasie van vroue in die maatskaplike lewe het Europeërs weinig tyd om aan hul gesinne te spandeer,” skryf professor Engels. As gevolg daarvan is die inheemse bevolking op rampspoedige wyse begin te verouder: daar word skaars kinders meer gebore.

Daarenteen hou swartmense en Arabiese mense hulle gesinne wel deeglik groot. In Switserland kry inheemse vroue gemiddeld 1,7 kinders, maar immigrante kry daar 2,8; Turkse en Marokkaanse immigrante selfs 3,4. Wanneer die inheemse ‘babyboom’-generasie eenmaal is uitgesterf, sal een op drie Duitsers immigrant wees, hoofsaaklik Moslem. Die vrees vir ‘n Eurabië, ‘n Europa wat door Arabiere bevolk word, word dan werklikheid.

‘N soortgelyke demografiese ramp het in Rome plaasgevind. Mettertyd het die Romeinse slawe die meerderheid geword en die ‘vrye’ burger die minderheid. Maar ook die kritiese verskil tussen ‘n grote generasie ouer Romeine en ‘n kleine generasie jongmense het tot ‘n wedersydse wantroue gelei. Die Romeinse elite het meer belangstelling vir die eie hedonistiese behoeftes gehad als vir die oorlewing van die vrye volk.

Gesin en individualisme (§2.3)

Deur die lae geboortes is Europeërs hul gesinne anders gaan inrig. Nou groei byvoorbeeld ‘n kwart van alle Franse kinders nie meer met beide biologiese ouers op nie. Ook is ons gay huwelike of aanneming uit die buiteland, selfs deur gay paartjies, gesamentlik normaal gaan vind. Die regte van die kind staan in Europese samelewings nie meer op die eerste plaas nie, maar op die tweede agter die behoeftes van die ouers.

Professor Engels noem dit gevaarlik dat die gesin als hoeksteen van die samelewing uiteenval, byvoorbeeld deur die groeiende aantal skeidings. Hoe kan ‘n mens lojaal bly aan sy samelewing, indien die stabiliteit en die veiligheid van die eie gesin voortdurend deur ‘progressiewe’ aanpassings ondermyn word?

Uitsonderlik: ook in die laaste dae van die Romeinse republiek het vroue voortdurend finansieel onafhanklik geword. Niet die eie man nie, maar die Staat en die werkgewer het die vrou voortaan gehelp. ‘N Romein skrywer het gekla dat die stad slegs slawe gehad het om die bevolking kunsmatig te vergroot, terwyl die oorspronklike Romeine “hulle ras en hulle naam” ten onder sou wil sien gaan.

‘N Europees Keiserryk?

Volgens professor Engels is Europa se afname ‘n wêreldwyd verskynsel wat ook in die voormalige kolonies in Noord-Amerika, Suid-Amerika, Australië en Suid-Afrika speel. Ook daar verouder die blanke bevolking. Oral is die tekens dieselfde, naamlik dat die afname van die binnekant kom:

“In werklikheid bemoeilik en belemmer die toenemende kosmopolitisme en die disintegrasie van die gesin en die huwelik die identifikasie [met die eie kultuur]. Vanweë die stedelike isolasie en die ongetemde materialisme wat dit skep, blykbaar geregverdig deur die reg op persoonlike ontwikkeling, breek die ‘careerism’ die sosiale samehorigheid tussen burgers af, die element van die allergrootste belang vir die identiteit.”

Kortom, ons werk steeds meer vir steeds meer geld, maar kry daar minder lewe en minder kinders vir terug. Dat veroorsaak jaloesie, wantroue en boosheid teen andere. Als gevolg daarvan verloor burgers hulle vertroue in die regterlike mag, die hulle met haar universele karakter nie meer kan of wil beskerm nie.

Daarmee eindig Engels sy boek in sy rol as geskiedkundige. In ‘n naskrif vertel hy iets meer: kan ons lesse leer uit die ooreenkomste tussen Rome en die Europese Unie, en so ja, wat beteken die lesse dan? Allereers beklemtoon hy dat die Romeinse Keiserryk die in verval geraakte demokratiese republiek het opgevolg. In Rome het keiser Augustus die mag gekry en sou van 27 vir Christus tot 14 na Christus regeer.

Die volk het Augustus gesteun, omdat hy ‘n vinnig herstel van die maatskaplike orde het gewaarborg, sowel als ‘n doeltreffend sosiale sisteem. Indien Europa inderdaad uiteenval, dan lyk die antwoord voor die hand liggend dat huidige Europeërs eweneens ‘n sterke leier sal kies, net soos sy vir ‘n Napoleon of ‘n Hitler het gekies. Om te oorleef sal Europeërs die risiko aanvaar vir ‘n radikale party te stem, wat die mag opeis.

Professor Engels verwag dat die Europa van die toekoms nie progressief en niet kosmopolities sal wees nie. ‘N toekomstige keiser of president sal die gesin en die tradisionele waardes verdedig om die eie volk weer te laat groei: ‘n Europa van law and order.

Opmerkings

Creative Commons-Lisensie
Na die val: 'n Europees keiserryk? van Mathijs Koenraadt is in lisensie gegee volgens 'n Creative Commons Naamsvermelding-NietKommersieel-GeenAfgeleideWerke 4.0 Internationaal-lisensie.